TuisBTC / SGD • Kriptogeldeenheid
add
Bitcoin (BTC / SGD)
Vorige sluiting
129 616,44
In die nuus
Meer oor Bitcoin
Bitcoin verwys na 'n elektroniese geldeenheid, asook na die oopbronsagteware wat ontwerp en geskryf is om dit te kan munt en gebruik. Dit is van die eerste implementerings van kriptogeld, wat in 1998 beskryf is deur Wei Dai op die cypherpunks elektroniese poslys. Satoshi Nakamoto het dit in 2009 geïmplementeer. Bitcoin is die eerste aanwending van 'n blokketting. Eienaars van Bitcoin kan van verskeie webwerwe gebruik maak om Bitcoin vir nasionale geldeenhede soos Suid-Afrikaanse rand, Amerikaanse dollar, of euro te verruil, en kan dit as betaalmiddel vir goedere en dienste by 'n aantal verskaffers gebruik.
Bitcoin is 'n gedesentraliseerde digitale geldeenheid, sonder beheer deur 'n sentrale bank of enkele administrateur, wat van gebruiker tot gebruiker in die eweknie-bitcoin-netwerk gestuur kan word sonder dat tussengangers nodig is. Transaksies word deur kriptografiese metodes deur netwerknodusse geverifieer en opgeneem in 'n grootboek wat 'n blokketting genoem word. Bitcoins word geskep as 'n beloning vir 'n proses wat "mynbou" genoem word. Dit kan verruil word vir ander geldeenhede, produkte en dienste. WikipediaMeer oor Singapoer-dollar
Die Singapoer-dollar is die amptelike geldeenheid van Singapoer, sowel as Broenei saam met die Broenei-dollar. Die word gewoonlik afgekort met die dollarteken $, of andersins as S$ om dit te onderskei van ander dollar-gedenomineerde geldeenhede. Dit word onderverdeel in 100 sent. Wikipedia