TuisCAD / GBP • Geldeenheid
add
CAD / GBP
Vorige sluiting
0,56
Marknuus
Meer oor Kanadese dollar
Die Kanadese Dollar is die amptelike geldeenheid van Kanada. Gewoonlik word afkortings soos die dollar-teken $ of C$ of CAD$ gebruik om na die Kanadese Dollar te verwys en dit van ander lande se dollar-geldeenhede te onderskei.
Terwyl die International Organization for Standardization se kode CAD algemeen gebruiklik is, is daar ook ander afkortings en simbole soos C$, Can$ en CDN$ vir die Kanadese geldeenheid.
Die Kanadese Dollar word in 100 sente onderverdeel. Die Kanadese Dollar is die monetêre basis vir die Kanadese ekonomie, en alle munte word deur die Koninklike Kanadese Munt geslaan, terwyl die Canadian Bank Note Company en BA International Inc alle banknote in opdrag van die Bank of Canada/Banque du Canada druk. WikipediaMeer oor Britse pond
Die pond sterling is die geldeenheid van die Verenigde Koninkryk en die afhanklike gebiede Falkland-eilande, Gibraltar, Guernsey, die Eiland Man, Jersey, Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha en Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande. Die amptelike ISO-kode is GBP en die valutateken is £.
Die Britse pond is die oudste geldeenheid ter wêreld wat steeds in omloop is, asook die vierde belangrikste geldeenheid wat op internasionale markte verhandel word en die derde belangrikste globale reserwe-geldeenheid. Sy waarde is die hoogste van alle belangrike geldeenhede, met 'n wisselkoers van meer as 19 ZAR in Julie 2015. Wikipedia