TuisJPY / USD • Geldeenheid
add
JPY / USD
Vorige sluiting
0,0064
In die nuus
Meer oor Japannese jen
Die jen is die geldeenheid van Japan. Dit is die derde mees verhandelde geldeenheid in die buitelandse valutamarkte ná die Amerikaanse dollar en die euro. Dit word ook algemeen gebruik as 'n reserwegeldeenheid na die dollar, euro en Britse pond. Die ISO 4217-kodes vir jen is JPY en 392. Die Latynse simbool is ¥ terwyl dit in Japannees ook met die kanji-simbool 円 aangedui word. Soos dikwels in Asië die gebruik is, word groot bedrae dikwels uitgedruk in veelvoude van 10 000, nes dit in Westerse lande in veelvoude van duisend uitgedruk word.
Die jen is in 1872 deur die Meiji-regering ingevoer as 'n geldstelsel soortgelyk aan dié in Europa. Dit het die ingewikkelde monetêre stelsel van die Edo-tydperk, gegrond op die mon, vervang. Die Nuwe Geldeenheid-wet van 1871 het die aanvaarding van die desimale stelsel van jen, sen, en rin tot gevolg gehad met ronde munte wat in die Weste geslaan is. Die jen is wetlik gedefinieer as 0,78 troois-onse suiwer silwer, of 1,5 gram suiwer goud. Dieselfde hoeveelheid silwer is vandag ongeveer 1 181 moderne jen werd, terwyl dieselfde hoeveelheid goud ongeveer 3 572 jen werd is. Die wet het Japan ook na die goudstandaard laat oorskakel. WikipediaMeer oor VSA-dollar
Die Amerikaanse dollar of VSA-dollar is die amptelike geldeenheid van die Verenigde State van Amerika en sy eilandgebiede, asook van Bonaire, die Britse Maagde-eilande, Ecuador, El Salvador, Liberië, die Marshalleilande, die Gefedereerde State van Mikronesië, Oos-Timor, Palau, Panama, Saba, Sint Eustatius, die Turks- en Caicos-eilande en Zimbabwe.
Die VSA neem die dollar in 1792 in gebruik. Die geldeenheid word sedert die Tweede Wêreldoorlog as anker-valuta in die internasionale handel beskou. Vir die rede word die pryse van goud en olie internasionaal in dollars uitgedruk. Wikipedia