TuisUSD / GBP • Geldeenheid
add
USD / GBP
Vorige sluiting
0,82
In die nuus
Meer oor VSA-dollar
Die Amerikaanse dollar of VSA-dollar is die amptelike geldeenheid van die Verenigde State van Amerika en sy eilandgebiede, asook van Bonaire, die Britse Maagde-eilande, Ecuador, El Salvador, Liberië, die Marshalleilande, die Gefedereerde State van Mikronesië, Oos-Timor, Palau, Panama, Saba, Sint Eustatius, die Turks- en Caicos-eilande en Zimbabwe.
Die VSA neem die dollar in 1792 in gebruik. Die geldeenheid word sedert die Tweede Wêreldoorlog as anker-valuta in die internasionale handel beskou. Vir die rede word die pryse van goud en olie internasionaal in dollars uitgedruk. WikipediaMeer oor Britse pond
Die pond sterling is die geldeenheid van die Verenigde Koninkryk en die afhanklike gebiede Falkland-eilande, Gibraltar, Guernsey, die Eiland Man, Jersey, Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha en Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande. Die amptelike ISO-kode is GBP en die valutateken is £.
Die Britse pond is die oudste geldeenheid ter wêreld wat steeds in omloop is, asook die vierde belangrikste geldeenheid wat op internasionale markte verhandel word en die derde belangrikste globale reserwe-geldeenheid. Sy waarde is die hoogste van alle belangrike geldeenhede, met 'n wisselkoers van meer as 19 ZAR in Julie 2015. Wikipedia